Webplaas.co.za
Hoe om jou eie webboerdery te begin..
Eposnavrae: navrae@webplaas.co.za
Stempos: 0881262158
Faks: 0866459223

Jou wil graag self jou webwerf oprig. Dalk omdat dit duur is om 'n tegnikus te huur. Of dalk net omdat die vreugde om dit self te doen, jou na aan die hart l. Dit is moontlik, selfs maklik.

Hieronder is enkele stappe wat jou in 'n kits op die lug sal h.

Toets of die .co.za domeinnaam wat jy wil gebruik, beskikbaar is. Gebruik die soekfasiliteit hiernaas om dit te doen.

.co.za

Sodra jy bevestig het dat jou gekose domeinnaam beskikbaar, skep vir jou publieke skryfspasie waar jou werf toeganklik sal wees.

Skep jou skryfspasie

Sodra jou skryfspasie geskep is, registreer jou domein. Die skakel hernaas sal jou voorsien van die vorm met al die instruksies. Vervang die XXXXX gedeeltes met die korrekte inligting. Epos dit dan in TEKSFORMAAT na die registrateur by die eposadres daarop aangedui.

Registreer jou domein

Begin dan bou aan jou werf se inhoud. Hiernaas is 'n skakel na 'n selfbou webgids wat jou sal laat wonder hoekom jy ooit gedink het is moeilik.

Selfdoen webbou-gids

Om die inhoud van jou webwerf op te laai na jou skryfspasie, benodig jy 'n oordragprogram. Gebruik die skakel hiernaas om vir jou 'n goeie oordragprogram af te laai.

Core FTP Aflaaiskakel

Sodra jy die webinhoud geskep het en oorgedra het, begin bou aan jou eie epos adresse en ander interressante webfunksies wat jou webplaas jou aanbied. Die skakel hiernaas, sal jou lei na die inlogblad.

Inlogskakel na
jou webdienste

Om jou werf aan die soekmasjiene bekend te stel sodra jy gelukkig is met die inhoud, is eenvoudig. Gebruik die skakel hiernaas, om seker te maak die soekmasjiene indekseer jou werf en voeg jou werf by soekresultate.

Werfvoorlegging
Aangename kennis, Wreld!

Jy sal spoedig gewoond en gemaklik raak met die struktuur van jou webwerf se binnegoed. Jy sal dit begin geniet om te eksperimentter en nuwe dinge te ontdek wat jou werf meer opwindend kan maak. Mag jou webervaring vir jou, besonder vreugdevol wees.

As jy egter steeds onseker is hoe om jou werf alleen op te rig, of dalk verkies dat die hele proses deur 'n tegnikus hanteer word, maak gerus gebruik van die skakels hiernaas.

Bruikbare webgereedskap
Maak jou webervaring aangenaam...

Jou prima webplaas.
Selfdoen webbou-gids Aflaaiskakels
Nuttige programme vir jou webwerf
Werfvoorlegging
Aangename kennis, Wreld!
Faks na Epos
Jou persoonlike Faks na Epos diens